Wel wat kan ek sê, Nadene is die nuwe gesig van The Bridal Place Boutique. Ek kan verseker sien hoekom sy die kompetisie gewen het. Nadene jy is ‘n pragtige mens en beeldskoon. Ons het hierdie naweek ‘n expo in Marius se botique gehou. Dit was so lekker en gesellig in hierdie ysige weer, maar hierdie koue kon geen bruid stuit om na haar ideale rok te kom soek nie. Dankie aan Francois vir jou gasvryheid.