‘n Sprokies Huwelik
James en Liane se troudag was iets besonders. Ons was Saterdag oggend in swaar reen op pad na hierdie spesiale geleentheid. My moed het sommer in my skoene gesak toe ek besef dat hierdie reen dinge vir ons gaan moeilik maak. Maar diep binne in my het ek gehoop dat die wolke uit sou reen, en wat gebeur toe? Toe ons eie Aspoestertjie op haar koets klim om te vertrek na haar prins wat vir haar wag, het die reen dadelik opgeklaar. Sy het die kerk ingestap vol self vertroue en so pragtag soos wat net ‘n prinses kan lyk. Haar prins het in trane na haar gestaar, want so iets mooi het hy nog nooit gesien nie. Hulle liefde was verseel toe die pand van ewige trou en liefde in gevlieg is deur ‘n pragtige uil……
James en Liane, baie geluk met julle troudag, julle is ‘n wonderlike paartjie. Dankie vir julle vriendelikheid. En mag julle ‘n wonderlike lewe vorentoe saam beleef
Die Moodie egpaar ons dink hul foto’s is verskriklik mooi. Baie geluk en weet julle gaan baie gelukkig wees. Oom Pieter en T. Sylvia
Hi Karen,
Ons foto’s is stunning en ons kan nie wag om die res te sien nie… Baie dankie!!!! Julle was die beste!
Your wedding was beautifull and Liane you looked like a princes your dress is beautiful
Thank you very much Tebogo!
Baie dankie Tannie Sylvia!